WELKOM
Die Berg-en-Dal Voetslaanklub het in 1986 tot stand gekom deur ‘n klein groepie voetslaners van George, en word volgens Christen waardes bedryf.
George is geleë in die hart van die Tuinroete area van die Wes-Kaap provinsie van Suid Afrika. Die klub het sedertdien gegroei tot ongeveer 130 lede van wie ongeveer 60% gereeld aan staptogte deelneem.
Die klub reël reg deur die jaar gereelde stapgeleenthede in die area. Dagstappe vind op Dinsdae en Saterdae plaas. Naweek en Multidag staptogte wissel tussen 2 en 10 dae.
Die staptogte op Dinsdae word beperk tot 3 ure (10 km). Op die eerste Dinsdag van elke maand word ‘n langer staptog gereël waar ‘n geleentheid geskep word vir piekniek hou in die natuur.
Op Saterdae stap ons gewoonlik tussen 12 en 20 km wat gemiddeld 4 tot 7 ure duur.
Indien jy as ‘n Gas wil saam stap, gaan na ALGEMEEN/STAP SAAM vir meer inligting.
VRYWARING: Die inligting op hierdie webtuiste is alleenlik vir inligting doeleindes en moet geensins gesien word as ‘n presiese of volledige beskywing van die stap of die roetes waarna verwys word nie. Gevolglik moet daar geensins totaal op hierdie inligting staat gemaak word wanneer n staptog onderneem word nie, tensy die akkuraatheid daarvan vooraf bevestig is. Die Berg-En-Dal Stapklub of enige van sy lede kan nie verantwoordelik gehou word vir enige vooroordeel of skade nie as gevolg van ‘n stap wat gebaseer is op hiedie inligting.
WELCOME
The Berg-en-Dal Hiking Club was established in 1986 by a small group of hikers from George, and are run according to Christian values.
George is located in the hart of the Garden Route area of the Western Cape province of South Africa. Since its humble beginnings, it has now grown to ±130 members of which approximately 60% regularly attend hikes.
The club organises hiking events in the area throughout the year. Day hikes are on Tuesdays and Saturdays. Multiday hikes ranging from 2 to 10 days.
Tuesday hikes are limited to 3 hours (approx. 10 km) except for the first Tuesday of the month when a longer hike is arranged and hikers can bring food and drinks to enjoy a picnic in nature.
Saturday hikes range between 12 to 20 km, with an average duration of between 4 and 7 hours.
If you want to join us on a hike, go to GENERAL/HIKE WITH US for more information.
DISCLAIMER: The information on this website is provided for information only and should not be seen as an exact or complete exposition of hiking and the hiking trails herein reflected. Accordingly, no reliance should be placed on the content for any reason whatsoever and no hike should be taken on the basis thereof alone unless its application and accuracy have been confirmed. The Berg-En-Dal Hiking Club and its members cannot be held liable for any prejudice or damage resulting from hikes undertaken based on this content.